Rykdom


Rykdom

Afrikaans poem by: Francois Terblanche
Theme: Hope

as die leiklip van die môre
deur die dageraad skeur
los ek vir jou ‘n wasblom
op die hoogste trap
by jou agterdeur

as die horison vol twyfel
oor jou drome strek
bring ek vir jou swaeltjies
en wierook my gebed
in God se bovertrek

as die stilte van die donker
met weerlig na jou soek
hang ek vir jou sterre
in jou nagplafon
se hoek