die hart van Hongarye


die hart van Hongarye

Afrikaans poem by: Francois Terblanche
Theme: Love

nagte het nog nooit so vrolik geklink nie;
musiek is tasbaar vanaf die treinstasie
en die lafenis van reën is hoorbaar op my vel

geskribbelde stories op skinkbordtafels
is 'n oop boek by die bouvalkroeg –
handskrifte wat elk 'n ander storie vertel

daar's digkuns op straat
wat selfs die bedelaar verstaan
(die antieke taal waarin liefde praat)

en ons sagte sielesang
vlot soos sigaarwalms 
op 'n vogtige balkon