onromanties
Afrikaans poem by: Francois TerblancheTheme: Love
rose is nie altyd rooi nie
viooltjies is nie altyd blou nie
selfportrette is nie altyd mooi nie
mense is nie altyd getrou nie
glimlagte is nie altyd gelukkig nie
en fronse nie altyd sedig nie
kalmte is nie altyd stil nie
en gedigte hoef nie te rym nie