dataverwerking
Afrikaans poem by: Francois TerblancheTheme: Death
prenatale programmering
het in die moederbord ontstaan;
geroei
gegroei
en eindelik tot 'n leë lêer gebloei
binêre kodes het gestol in 'n traan —
jou DNS se sintaksis is uitgewis
en ek het afgebreek tot 'n desimaal
want die Here het my kind kom haal