The AVBOB Poetry Competition | Duin-op!


Duin-op!

Afrikaans poem by: Elize Kruger
Theme: Hope

augustuswinde
het die sand
van my halfweggedrade duin
weer op my stoep kom waai
dag vir dag
sal ek volhard
en vas bly glo
emmer-vir-emmer
ís genoeg
al moet ek dan daarmee
trappies bou
tot bó ...