AVBOB Poetry Project | Blog

Blog

AVBOB Poësiegala 2019    
Thu, 25 July 2019



AGTERGROND: DIE AVBOB POËSIEKOMPETISIE
 
Ons word aan mekaar verbind deur die gedeelde ervaring van geboorte en dood, van verlies en liefde. En ons almal sukkel om hierdie transformerende ervarings in ons lewens te verwoord. As Afrika se grootste Onderlinge Versekeringsgenootskap en ʼn huishoudelike naam in die begrafnisdiensbedryf in Suid-Afrika, verstaan AVBOB dit ten diepste. Juis daarom was die bekendstelling van die jaarlikse AVBOB-Poësiekompetisie in Augustus 2017, in al 11 amptelike moedertale, ʼn daadwerklike poging om aan gewone Suid-Afrikaners ʼn manier te gee om te praat oor hierdie ervarings en om die mylpale in hul lewens te beskryf.
 
Die bekendstellingsjaar van die AVBOB Poësiekompetisie se geskenk aan Suid-Afrika was, en bly, die mees deernisvolle en outentieke vorm van sterwensondersteuning – ʼn poësiepoort gevul met die skeppende woorde van gewone mense van alle ouderdomme, in ons land se 11 ampstale.
 
In die tweede jaar van die kompetisie het ons digtersgemeenskap tot meer as 11 000 gegroei, met 29 000 gedigte wat ingeskryf is, ʼn toename van die vorige jaar se 22 000 – alles ter ondersteuning en tot voordeel van elkeen wat ʼn geliefde verloor het. Op die vooraand van die derde jaar bevestig die kompetisie weer eens die mag van poësie om te genees en op te hef.
 
Lewens is weliswaar verander toe die AVBOB-Poësieprys wenners van die tweede kompetisie tydens ʼn sonderlinge gala-aand op 25 Julie 2019 aangekondig is. Die kaliber gedigte wat hierdie jaar se kompetisie gekenmerk het, het dit vir die 11 taalredakteurs ʼn uitdaging gemaak om die wenners te kies.
 
Uiteindelik en in werklikheid is elke digter wat vir die kompetisie ingeskryf het egter ʼn wenner. En die meer as 29 000 gedigte wat ingeskryf is, is ʼn huldeblyk aan ons merkwaardige land, aan die krag en uithouvermoë van ons mense, en ons vermoë om verby die foute van gister te kyk na ʼn plek van hoop en genesing vandag en môre.
 
Hier is die AVBOB-Poësiepryswenners, in alfabetiese volgorde van taalkategorie:

 
TAALKATEGORIE
WENNER
GEDIG
Afrikaans
Tom Dreyer
Slaap jy solank, dan hou ek die fort
 
   
2de plek 3de plek 4de plek
Gaireyah Fredericks Hélen Möller Maretha Maartens
Gedig: Dood Gedig: Ouma Gedig: Spinasie
   
LANGUAGE CATEGORY
WINNER
POEM
Engels
Jaco Fouché
A feeling like leaving harbour
 
   
2de plek 3de plek 4de plek
Tammy Foyn Ann Scarborough Moore Retshepisitswe Makhatha
Gedig: Sishen Gedig: Meeting Ingrid Gedig: The First Step
   
LANGUAGE CATEGORY
WINNER
POEM
Ndebele
Mfana Solomon Skhosana
Isivunguvungu
 
   
2de plek 3de plek 4de plek
Nurse Nonhlanhla Mbonani Jabu Mabona Thabi Nancy Mahamba
Gedig: Sizokubonana kelizako Gedig: Amezwi ayelapha Gedig: Ingoma yethu
   
LANGUAGE CATEGORY
WINNER
POEM
Xhosa
Simphiwe Ali Nolutshungu
Emaxhoseni
 
   
2de plek 3de plek 4de plek
Sanelisiwe Mtsewu Siwaphiwe Fortune Shweni Neliswa Sampi-Mxunyelwa
Gedig: Saqhwithi Gedig: Xa sisobabini Gedig: Lala Ngenxeba
   
LANGUAGE CATEGORY
WINNER
POEM
Zoeloe
Halalisile Mkhize
Ubungumthombo
 
   
2de plek 3de plek 4de plek
Bigboy Bheki Gasa Philile Mhlongo Lungile Chamane
Gedig: Duduzekani Gedig: Umngcwabo womfundisi Gedig: Insika
   
LANGUAGE CATEGORY
WINNER
POEM
Sepedi
Kgabo Sebatjane
Mmane, Makalawua Sebatjane
 
   
2de plek 3de plek 4de plek
Moses Seletisha Moloko Mahuma Kgotso Bopape
Gedig: Ke Nako Gedig: Ruri Nkabe Gedig: Ba go letile
   
LANGUAGE CATEGORY
WINNER
POEM
Suid-Sotho
Kaizer Tjokoane
E thobile thatohatsi
 
   
2de plek 3de plek 4de plek
Tieho Mkhendane Isaiah Zwane Serogane Tsotetsi
Gedig: Lefa Gedig: Palesa Gedig: Lerato
   
LANGUAGE CATEGORY
WINNER
POEM
Tswana
Thatayoane Dire
Ke a dira
 
   
2de plek 3de plek 4de plek
Kgomotso Mokutswane Dineo Ntwayagae Pelonomi Itumeleng
Gedig: Gae kwa Letsopa Gedig: Botlhoko jwa go tlhoka ngwana Gedig: Tsoga re omane
   
LANGUAGE CATEGORY
WINNER
POEM
Swazi
Nokukhanya Mahlalela
Ngiyafisa kube ngasho
 
   
2de plek 3de plek 4de plek
Lwandle Mdaka Beketele Mahlalela Vusi J. Dlamini
Gedig: Kufa sekungilandzile Gedig: Insika seyiwile Gedig: Lisela lelikhulu
   
LANGUAGE CATEGORY
WINNER
POEM
Venḓa
Maṱodzi Fortunate Magoro
Nga duvha langa la vhufhelo
 
   
2de plek 3de plek 4de plek
Elelwani Ramaite-Mafadza Rialivhuwa Emmanuel Magoro Masindi Netshakhuma
Gedig: Vhufuna-funa Gedig: Lufu Gedig: Lushie
   
LANGUAGE CATEGORY
WINNER
POEM
Tsonga
Patrick Khosa
U tatana
 
   
2de plek 3de plek 4de plek
Jabu Rikhotso Given Rhulani Khosa Musa Aubrey Baloyi
Gedig: Emahandzeni Gedig: Emahandzeni ya tindlela Gedig: Xihundla xa tsolo


‘WAT AS, SUID-AFRIKA?’ KOMPETISIE

In Maart 2019 was Suid-Afrikaners se gemoedere met woorde vol tweespalt en onsekerheid gevul. Daar was ʼn desperate behoefte aan positiewe, opheffende boodskappe van hoop en belofte. Vir ons kollektiewe geesteswelstand moes ons ʼn silwer randjie om die donker wolk vind.
 
En een van die beste maniere om dit te bewerkstellig, was deur ʼn verbeeldingsoefening wat ons in staat gestel het om ons eie toekoms te skep, om die Suid-Afrika wat ons almal graag wil hê te skep en te beskryf. Met hierdie doel voor oë het AVBOB alle Suid-Afrikaners uitgenooi om ʼn enkele oorspronklike gedig van 100 woorde of minder te skryf (slegs een gedig per digter is toegelaat), in Engels, wat ʼn positiewe uitkyk op die toekoms van Suid-Afrika sou bied. Die gedig sou dan as ʼn radio-advertensie en aanlyn-video vervaardig word. AVBOB se mikpunt met hierdie beroep op ʼn herskepte perspektief op ons kollektiewe toekoms, was om ʼn bietjie hoop en optimisme by die Mei-stembusse te skep.
 
En soos altyd, om hul waardering vir en ondersteuning van die kuns van poësie in Suid-Afrika te toon, het AVBOB die kompetisiewenner met ʼn kontantprys van R10 000 en ʼn boekbewys ter waarde van R2 500 beloon.
 
En die wenner van die ‘Wat as, Suid-Afrika?’-poësiekompetisie was:

 
Wenner:
Gedig:
  Kedibone Mphethi
  I heard them say

PROFIEL: ‘WAT AS, SUID-AFRIKA?’ WENNER


Kedibone is ʼn onversadigbare skrywer van Orlando-Wes in Soweto. As ʼn
jong meisie het haar skryfwerk in haar dagboek begin, wat gegroei het tot ‘n joernaal en wat uiteindelik gestalte op die verhoog gekry het. Gerugsteun deur die inspirasie van die AVBOB-Poësiekompetisie, het Kedibone die geleentheid aangegryp om te deel wat sy glo die geheim van ʼn gelukkige lewe is – perspektief: “AVBOB het vir my die geleentheid gegee om te sê dat dit nie saak maak wat gebeur nie; die verskil lê in die manier waarop ons daarna kyk,” verduidelik sy.
 
 
PROFIELE: AVBOB-POËSIEPRYSWENNERS
 
Elkeen van die 11 eersteplekwenners van die AVBOB-Poësieprys het ʼn kontantprys van R10 000 en ʼn R2 500 boekbewys ontvang, beide deur AVBOB geborg. Elke wenner het die kompetisie om haar of sy eie redes met ope arms verwelkom, op soek na iets veel anders as die alledaagse, en in die proses het hulle vorendag gekom met gedigte wat ons almal troos, en uitdaag.
 
Hoe bring ʼn mens hulde aan hierdie mense; aan elke brawe digter wat ʼn gedig geskryf en onder die kompetisie se soeklig geplaas het? “Ons is geseënd met ʼn oorvloed van talent, moed en karakter in ons land,” sê AVBOB se bestuurshoof, Frik Rademan. “Dit verstom my steeds dat digters bereid is om hul woorde met soveel ruimhartigheid te deel met die mense wat dit die nodigste het. Daarom is ons vanaand hier; om hulle te vereer.”


Tom Dreyer (Afrikaans)


Tom Dreyer is ʼn vryskutjoernalis wat in Stellenbosch werksaam is en hy is ook die eienaar van ʼn IT-maatskappy. Tom skryf sedert sy universiteitsdae en is die naam agter vier romans en ʼn versameling kortverhale. Sy eerste gepubliseerde gedigte het in die bloemlesing Nuwe Stemme in 1997 verskyn, sy roman Stinkafrikaners is in 2001 met die Eugène Maraisprys bekroon, en sy ander romans is vir verskeie Afrikaanse literêre pryse, asook die Sunday Times Literary Award benoem. Tom is opgewonde oor AVBOB se bydrae tot die bevordering van poësie regoor Suid-Afrika, en is gretig om deel van hierdie inisiatief te wees
 

Jaco Fouché (Engels)


Jaco Fouché het in sy lewe al baie hoede gedra: rekenaarprogrammeerder, kroegman en kopieskrywer. Hy bly nou in Hermanus saam met sy vrou en werk as vryskutskrywer van kortverhale, resensies, romans en boeke vir jong volwassenes. Jaco slyp reeds sedert sy vroeë skooldae sy digtersvaardighede, en terwyl prosa sy passie is, het poësie nog altyd sy werk beïnvloed. Jaco het al verskeie pryse vir Afrikaanse romans ingepalm, insluitend die Eugène Maraisprys in 1997. Die skielike dood van ʼn vriend in 2017 het hom geïnspireer om vir die kompetisie in te skryf as ʼn manier om sy gevoelens van verlies te artikuleer en uiteen te sit.
 
 
Mfana Solomon Skhosana (Ndebele)


Mfana Skhosana bly in Gemsbokspruit, KwaNdebele en is ʼn lid van die Isiyalo National Writers Guild met studies in draaibroekskryf en video-, beligtings- en klankbestuur agter sy naam. Hy het vier radiodramas vir iKwekwezi FM geskryf en skoolbloemlesings vir Grade 4 tot 9. Hy het verskeie werke in Ndebele geskryf en gepubliseer, insluitend die roman, Kuvunwa okutjaliweko en dramatekste getiteld Ngingewakabani? en Ibuzwa kabaphambili, waarvan laasgenoemde die derde prys in die Ndebele-kategorie van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur ingepalm het. Hy het die afgelope twee jaar sy hand aan poësie gewaag en vir die AVBOB-Poësiekompetisie ingeskryf om vir mense te motiveer en hoop te gee.
 

Simphiwe Ali Nolutshungu (Xhosa)


Simphiwe Nolutshungu is 'n dosent aan die Universiteit van Kaapstad se Departement Afrikatale en het ʼnmeestersgraad in Skeppende Skryfwerk van Rhodes Universiteit Hy is tans ʼn doktorale kandidaat wat besig is om sy tesis in Xhosa te voltooi. Simphiwe het in 2017 ʼn SALA-poësietoekenning vir sy bloemlesing Iingcango Zentliziyo gewenHy het ook ʼn derde prys in die eerste AVBOB-Poësiekompetisie behaal en sy gewilde roman Iingceba Zegazi word vir skole sowel as universiteite voorgeskryf. Simphiwe het ook reeds vier romans en twee poësiebundels in beide Engels en isiXhosa gepubliseer. ʼn Vriend het vir hom vertel van die AVBOB-Poësiekompetisie wat hom in staat gestel het om in sy moedertaal te skryf.
 

Halalisile Patience Mkhize (Zoeloe)


Halalisile Mkhize is ʼn laerskoolonderwysers wat vroeg in haar lewe reeds begin skryf het. Jare later is sy voorgestel aan SOZ Mkhize, ʼn talentvolle Zoeloe-skrywer wat haar bekendgestel het aan die werk van die Zoeloe-legendes, Nakanjani Sibiya en NS Ntuli. Sy is later met Mkhize getroud, en het sedertdien een poësie- en vier kortverhaalbundels gepubliseer, met verskeie ander wat gereed is vir publikasie. Halalisile was die 2018 eerstepryswenner in die Departement van Kuns en Kultuur se jaarlikse kortverhaalkompetisie in KZN. Sy het by ʼn voorlees- en skryfklub van die AVBOB Poësiekompetisie te hore gekom en, nadat sy haar suster in dieselfde jaar verloor het, het sy gevind dat haar skryfwerk vir die kompetisie help om haar smart te verlig.
 

Kgabo Trinity Sebatjane (Sepedi)


Kgabo Sebatjane het in Tembisa gebly, maar teruggekeer na sy tuiste, ʼn klein dorpie in Ga Matlala, Limpopo, om ʼn klein pluimveeplaas, Koko Mmapula Poultry, op die been te bring. Hy het ʼn BSc-graad in Fisiologie, Genetika en Sielkunde aan UNISA verwerf. Terwyl pluimvee sy brood en botter is, is poësie sy werklike passie, en hy skryf wanneer hy ook al kan. Hy deel ʼn verjaarsdag met AVBOB en die trekpleister wat hom na die tweede poësiekompetisie gelok het, was sy passie vir die bewaring van sy moedertaal, Sepedi. Kgabo skryf gewoonlik in Sepedi, maar hy gebruik dikwels ʼn mengsel van inheemse tale om die rykheid, skoonheid en diversiteit van Suid-Afrika se moedertale te demonstreer.


Kaizer Lucas Tjokoane (Suid-Sotho)


Kaizer Tjokoane het in Ficksburg grootgeword, maar bly nou in Katlehong, Johannesburg. Hy het ʼn Hoër Sertifikaat in Openbare Verkryging en Voorraadbestuur aan UNISA behaal en werk tans as ʼn beheerkameroperateur in die privaat sekuriteitsbedryf. Kaizer is van kindsbeen af dol oor die mag en rykheid van woorde, en was nog altyd geïnspireer deur mense met ʼn breë woordeskat. Hy het op die ouderdom van 15 begin skryf en nog nooit weer opgehou nie. Die inspirasie agter sy skryfwerk is die swaarkry wat hy tydens sy jeug ervaar het. Dit is ook wat hom gemotiveer het om vir die AVBOB-Poësiekompetisie in te skryf; hy wou met alle mag die geleentheid aangryp om sy siel deur sy skryfwerk te deel.


Thatayaone Raymond Dire (Tswana)


Thatayaone Dire is in Mahikeng gebore. In 2015 het hy ʼn BA-graad in Inheemse Kennisstelsels voltooi, en hy is tans besig met sy meestersgraad aan die Noordwes-Universiteit.  Hy het ook ʼn sertifikaat in Gemeenskapskunsadministrasie- en Bestuur. In 2019 het hy aan die Global Leadership Camp deelgeneem wat deur die Hansao Universiteit in Suid-Korea aangebied is. Thatayaone se kinderboek, Ngwana sejo o a tlhakanelwa, is met die 2015 Maskew Miller Longman (MML) Lettekundetoekenning (Tswana) bekroon. Thatayaone het ook al poësie, opvoedkundige materiaal en kortverhale geskryf. Hy het vir die kompetisie ingeskryf omdat hy sy skeppende werk wil gebruik om die wêreld ʼn beter plek te maak, en om sy moedertaal, wat hy voel bedreig word, te help bewaar.


Soneni Nokukhanya Mahlalela (Swazi)


Nokukhanya Mahlalela is in Mpumalanga gebore, maar bly tans in Stellenbosch waar sy besig is om haar tweede graad aan die Universiteit te voltooi. Sy het haar eerste kwalifikasie, ʼn graad in landbouwetenskap, aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat verwerf. Nokukhanya skryf reeds van jongs af poësie as ʼn  manier om haarself uit te druk. Nokukhanya het vir die AVBOB-Poësiekompetisie ingeskryf – haar eerste kompetisie ooit – om haar talent uit te leef, maar ook omdat dit haar die vryheid gegee het om in haar moedertaal te skryf. Sy was gemotiveer deur die seldsame geleentheid om in Swazi te skryf.


Maṱodzi Fortunate Magoro (Tshivenḓa)


Maṱodzi Magoro is in ʼn klein dorpie buite Ṱhohoyanḓou in Limpopo gebore, waar sy steeds bly. Sy het ʼn Diploma in Vroeë Kinderontwikkeling en werk tans by die Mainganye Daycare Centre as ʼn onderwyseres en versorger by die crèche. Haar liefde vir poësie dateer terug na hoërskooldae en vandat sy begin skryf het, het sy nog nooit weer teruggekyk nie. Matodzi glo sy is ʼn gebore digter, omdat poësie skryf nog altyd vir haar so ʼn natuurlike proses was. Haar affiniteit vir die AVBOB-handelsmerk was die rede waarom sy vir die kompetisie ingeskryf het. Ook omdat dit vir haar die geleentheid gegee het om haar talent te gebruik om in haar moedertaal te skryf.


Patrick Khosa (Tsonga)


Patrick is gebore in die dorpie Jokong in Limpopo. Hy kon nie ná skool verder gaan studeer nie, maar werk tans asʼn sekuriteitsbeampte en perseeltoesighouer by Microsoft se plaaslike hoofkantoor in SA, gerugsteun deur ʼn totaal van 10 jaar ervaring in die sekuriteitsbedryf. Patrick skryf al so lank as wat hy kan onthou; hy het sedert 2010 met meer as 200 gedigte vorendag gekom wat hy meestal op sy selfoon geskryf het. Hy het ook pas sy eerste roman voltooi. Die AVBOB-Poësiekompetisie is die eerste platform wat hy gebruik het om homself uit te druk. Hy het in 2017 en 2018 ingeskryf, en voel die kompetisie het weer ʼn vonk van hoop in hom wakker gemaak en hom opnuut aangevuur om sy drome na te jaag


DIE AVBOB POËSIEGALA
 
Die AVBOB-Poësiegala is op 25 Julie by die St George Hotel in Pretoria gehou. Die talentvolle Rozanne McKenzie was die gasvrou vir die aand en die dinamiese Gloria Bosman het vir opheffende vermaak gesorg. Die aand was ʼn roerende huldeblyk aan die mense van Suid-Afrika en dit was ʼn viering van die mag van poësie om ons verlies te verlig en ons wonde te genees.
 
Hierdie mag is volmaak vasgevang in die sonderlinge tweede volume van die kompetisie se gedrukte bloemlesing*, I Wish I’d Said 2, wat saamgestel is deur die kompetisie se hoofredakteur Johann de Lange, en die akademikus, digter en skrywer, Mandla Maphumulo. Volume Twee, wat die aand bekendgestel is, bestaan uit 101 gedigte met Engelse vertalings: 55 gedigte wat in opdrag geskryf is en 44 vanuit die tweede jaar se kompetisie.
 
Soos in die eerste volume, is hulde aan die Khoisan-tale gebring, met die insluiting van twee gedigte deur die /Xam-digter, Diä!kwain. Die pragtige voorbladontwerp het inspirasie geput uit die werk van die ontslape Suid-Afrikaanse kunstenaar, Keith Joubert, wie se kuns ʼn refleksie is van sy diep fassinasie met menslike kulture wat geslagte lank naas die natuurlike omgewing bestaan het.
 
Die keuse van die kremetartboom op die voorblad verwys terug na AVBOB se Eeufeesvieringstema in 2018. Deur sy seisoenale siklusse, vergestalt dié boom die konsep van dood en opstanding, verlies en troos, hoop, verlossing en nuwe lewe. Hierdie temas word ook deurgetrek na die AVBOB-Poesiekompetisie sowel as die gedrukte bloemlesing, met die motiewe van dood, geboorte, liefde en hoop.
 
“In ons donkerste uur het ons opheffing en troos nodig,” verduidelik AVBOB se bestuurshoof, Frik Rademan. “En daarom het ons die temas van liefde, hoop en geboorte deel van die kompetisie gemaak. Die AVBOB-Poësiekompetisie en gedrukte bloemlesing – saam met die ‘Wat as, Suid-Afrika?’-veldtog – spreek ons kollektiewe behoefte aan vertroosting en sorgsaamheid aan. En dit is vir ons ʼn meditasie oor al die dinge wat ons as ʼn nasie verenig – ons ervaring van verlies, ons begeerte om te ontboesem, en ons behoefte aan hoop.”
 
En met die derde AVBOB-Poësiekompetisie wat op 1 Augustus ʼn aanvang neem en tot 30 November 2019 duur, sal die digters – en mense! – van Suid-Afrika opnuut in staat wees om hul potlode en papier, selfone en skootrekenaars op te neem en gedigte te skep wat ons met mekaar verbind en wat vir ons hoop en troos bring. Kompetisiedeelnemer Gregory Jumanji het dit met die volgende twiet bevestig: “Ek voel of die poësie in my bloedstroom is. AVBOB het regtig die nasie met hierdie een gered.”
 
Vir Frik Rademan bevestig hierdie tipe terugvoering die oorspronklike doelwit van die projek. “Ons weet nou die kompetisie is ʼn belangrike, weliswaar noodsaaklike sosiale hulpbron vir ons mense. Juis daarom sal ons voortgaan om hierdie vorm van ondersteuning aan ons AVBOB-familie te gee, as ʼn bewys van ons diepgaande verbintenis met die mense van Suid-Afrika,” is sy slotsom.
 
Besoek asseblief die AVBOB aanlyn poësieversameling, wat vryelik beskikbaar is op www.avbobpoetry.co.za – en ontdek die roerende materiaal wat geskep is vir AVBOB se kliënte en gemeenskappe, vir digters regoor Suid-Afrika, en vir elkeen in ons land wat ʼn geliefde verloor het; ʼn hulpbron wat oor geslagte heen opnuut waarde sal verskaf. In die woorde van digter en hoofredakteur, Johann de Lange: “Hierdie nuwe versameling – en die aanlyn poësiepoort – vorm ʼn ruimte waar die stemloses gehoor kan word, en waar ons gemeenskaplike grond kan vind. Verlies is ʼn universele taal en poësie is die stem daarvan.”
 
* Die bloemlesing kan by www.naledi.online of 078 648 8616 bestel word, en is beskikbaar by die meeste goeie boekwinkels. Anders, SMS die woord ‘gedig’ na 48423 (teen ʼn standaardtarief van R1.50 per SMS) om dit per pos by jou te laat aflewer teen ʼn totale koste van R220.


Back